Kyk jy weet mos nou al teen hierdie tyd dat die blonde boerseun soms terug moet keer na sy meer primitiewe self toe, en met sulke geleenthede word daar noodwendig bietjie weg gebreek uit die geharwar van die dorps lewe. Nou moet ons mekaar nie verkeerd verstaan nie, Boerseun hou van dorps lewe, veral van gaan surf vroeg in die oggend en na werk. Daar is nou nie planne van 'n plottjie erns nie, maar tog, soms moet mens maar net weg breek. So word daar toe met baie beplanning besluit om by Arch Rock op Plettenberg baai te gaan kamp.
Aanvanklik was die plan om redelik spy te gaan en sommer so paar honderd meter teen die rivier op te stap en daar in 'n natuurlike grot of 'n dink kamp op te slaan. Die Doggie van De Aar het ongelukkig hierdie plan geveto, en dus is daar op nommer 99.98 besluit om eerder in die amptelike kampterrein te bly.
So daag vrydag 27 Februarie redelik ongesiens op. Die dag het geen afwagting met die oggend son kom af lewer nie. Boerseun het eintlik so bietjie onwillig begin voel oor die hele tent slaap storie, maar Rooigrond het ander planne gehad. Vir die wat nie weet nie, Rooigrond is die blonde boerseun se alter-ego, wilder, rowwer, aardser en soms net plein meer pret. Die kamp ding gaan groot wees, en nee die reen gaan ons nie ongelukkig maak nie, reen watse reen?
Doggie moes nog bietjie pak en haar kar by die werkswinkel gaan haal, so die boersoen het gevoel dat daar nog meer as genoeg tyd sou wees om al die nodige pak dinge te hanteer, en dus het die tyd redelik vinnig begin min word. So die kamp se mense in gou gebel om seker te maak dat die hek darm oop gemaak kan word, want sien dit gaan laat wees voor ons daar aan kom. Tent, o die tent. Boerseun het gereel dat hulle sy suster se tent geleen sal word vir die naweek se pret, Jo het sy eie tent so hulle is geholpe. Daar was skielik nie 'n tent nie. Boerseun se bronne het by die een of ander skou tent vas gehaak, en Swaartjie kon nie uit help nie, want in die woonstel was daar nie tente of opblaas matrasse tevinde nie. Terug by die huis, na die groot soek vers twee het die blonde man van afrika toe wel 'n bultende sak vol tent dinge gevind, mooi opgerol en in die oorspronklike verpakking en karton. Die opblaas matrass is ook gevind. een van daai luukse blou nommertjies wat mens destyds op infomertials gesien het, daai wat rondom middernag soos 'n goeie idee begin lyk.
Alles is gepak en buite die huis in 'n hoop gebere, toe wag ons vir Jo. Hy het op gedaag, maar voor dit het rooigrond eers bietjie die puls uit gestuur om darm net seker te maak dat die man nie in die George onderdorp gekaap is of iets nie. Die surfboards is op die dak vas gestrap, en daar is maar mooi gepak, want slaapsakke kussings klere spies geweer vis stokke en dies meer moes als in die corola gepas word. Die trippie was sonder vreeslik baie opwinding, die pad is net net nie lank genoeg om lang pad te wil wees nie, en nie kort genoeg om sommer net gery te word nie. Dit was besig om vinnig donker te word.
Jy moet die tweede afdraai vat na keurbooms strand toe, nie keurboom rivier toe nie. Die kaartjie werk nie so mooi saam nie, gelukkig is Doggie se waters redelik akuraat soos die kamppers nog so paar keer sou moes besef. Die kamp oomie het ons sommer net laat in gaan en mooi gewys in watter rigting ons maar moet soek vir 'n oop staan plek. Daar is voornemens gewees om die volgende dag beskikbaar te wees sodat ons vriende die nodige betalings kon maak, maar heel laas dit sou nie gebeur nie.
Daar is gewik en geweeg en geweeg en gewik en einde laas is 'n baie oulike plekkie gevind. Boerseun was met alle mag en meening oppad om die 1983 tentopslaan rekord aan vlarde te skeur, die proses het mooi geloop, die dome tentjies werk lekker, as iemand net nie halfpad deur die opslaan wil weet waar die tent seil is nie. Jy weet watter seil ek van praat, ja daardie seil, die een wat mens gebruik om te probeer om nie nat te reen nie. Daar is die wereld vol gebel, maar niemand weet enige iets van seile nie, dit het gevoel soos 'n politieke beraad, dit is almal se fout behalwe die huidige spreker sin. Rooigrond het besluit dat die seil nou maar moet gaan speel op die hoof weg of iets, met 'n bietjie kopkrap is die mees waarskeinlike rigting van reen bepaal en die opblaas metras is onopgeblaas gebruik as semi seil, as 'n ding lug kan in hou kan dit seker darm ook water uit hou nie waar nie. Die kamp terrein is baie posh, so mens het selfs 'n swart drom (of 'n gryse in hierdie geval) met 'n swartsak op die koop toe gkry. swartsakke kan gesny word en met so bietjie kroek is die ander kant van die tent ook semi waterbestand gemaak (soos daardie horlosies wat jy as kind gekoop het wat 100m water bestand is, en as jy hom perongeluk in die stort aan het is hy stukkend).
Aand ete was 'n wenner, almal wat saam gaan kamp het het 'n drink dingetjie saam geneem en nie kos nie, wel Boerseun het 3 hoender sosaties en 'n pakkie maalvleis saam geneem vir die geleentheid. Daardie hoender sosaties kan mens lekker braai, en dit is baie sappig en doek sag, soos Doggie graag se. Hierdie keer is die sosaties egter nie gebraai nie. een koppie muskadel, 3 hoender sosaties en een pakkie maalvleis, 'n kwart potjie peperkorrels (heel want die grind sukkel en vat te lank) en siedaar 'n vleis pot word gemaak. Vleis pot op wat, vra jy. Op niks se ek jounet soos jy hom sien so eet jy hom, en hy is lekker, baie lekker. Beste vleis en groente gereg ooit.
Daar is lekker om die vuur gekuier en glasies geklink. Voor slapens tyd moes daar darm ook bietjie gestap word om die vleis magies so bietjie ligter te maak. Dit is iets onbeskryflik gewees, fosfor die wereld vol, as jy hard trap skitter jou voetspore. Die seegras wat met springlaag oral op die rotse gesit het was so vol van die fosfor dat jou fingers lig strepe op die rotse kon teken. Asemrowend, onbeskryflik. Slaap moes een of ander tyd gebeur, en dit het toe ook. Dit het nag geword en dit het amper more geword en die shack tent se mense het nie regtig geslaap nie.
Lig dag kon nie vinnig genoeg vir Rooigrond kom nie, en toe dit kom kom die reen ook sommer saam. Die shack tent is vinniger af geslaan as wat jy 'n betoging op 'n bou site kan reel. Als is sommer so in Jo se tent in gegooi, hy was nog nie eers goed wakker nie.
Die dag het bestaan uit soek vir 'n tent, tent seil of een of ander ander seil wat mens vir tent maak sou kon gebruik. Tussen deur is 'n plaas markie op horings geneem, pick and pay geraid vir iets wat soos kos mag lyk, maar ook net vir middag ete, want daar moet nog aas gevind word en vis geskeid word. Ek wil nou nie iemand in die gesig vat nie, maar as dit nie vir Jo was nie sou die dametjie by Penny Pinchers nie skuins voor een besef het dat mens soms plastiek gebruik om huise waterdig te help maak nie. Doggie van duckt tape, en Rooigrond van regte toue.
Daai is gebou en beplan soos in die ou dae en daar staan toe 'n nuwe beter shack tent, dit het gereen en gewaar en toe nog so bietjie gereen, en die tent het vas gestaan. Ons sal probeer om so paar fotos by te voeg.
Saterdag middag en sondag was baie lekker, daar was geen manier om die vis te sien nie, die water was te vuil, so monster mossels is uit gehaal. Volgende keer sal ons die vissies skiet!
No comments:
Post a Comment