Laas naweek wat rustig, maar prettig, Swaartjie het so bietjie 'n date met destiny gehad op Oudshoorn, waar hy so paar manne in 'n karate kompitisie moes pak. Die boerseun en sy nooi besluit toe om sommer 'n dag te maak van die storie en kies toe ook sommer koers oor die berg, 'n man moet immers sy familie ondersteun of hoe se ek nou?
Sussie was toe op die ou end ook nie lus vir die heel dag rond sit en wag vir haar man om sy ding te begin doen nie, en dus was ons drie mense opsoek na iets interesants om te doen op oudshoorn. Die probleem is nie dat oudshoorn so gevrek is nie, wel buite kunstefees tye is dit baie stiller, wat immers te verwagte is, maar die dinge wat mens kan doen is oor die algemeen bos duur, of mens weet nie daarvan nie. Daar word toe maar so bietjie romdom die blok gery voor die pad uit die dorp uit die boerseun se oog vang. Sommer so het 'n lekker avontuur begin, want die Getz was nog nie eers uit die dorp nie of Sussie roep halt, sy het 'n verbuiging vir die woord chocolate gesien...
O ja Saterdag was 'n vakansie dag, maar vandag Boertjie nie meer vir 'n baas werk nie weet hy mos nie daar bestaan sulke dinge nie, alle dae kan daar gewerk word, en as dit regtig nodig is kan enige dag in 'n vakansie dag omskep word, en vakansie dae op saterdae tel anyway nie. So ja die reeds stil dorpie was dood stil. Die klokie is gelui en daar is gewag, maar niemand wou vir ons maats 'n deur of 'n hek oop maak nie. Rooi het begin ongeduldig raak, net toe hy omdraai om terug te klim en verder te ry, loer 'n oomie oor agter die huis muur uit.
Die oom se vrou is eintlik die een wat die werk doen, maar sy was nie daar nie, so hy het so goed moontlik vir ons verduidelik van die proses, dit was heel oulik, maar die grootste aandeel in ons dag se sukses is die kaartjie wat hy toe vir ons drie kamerade gee. Kan jy nou meer 'n vier stop toer hier in die klein karoo. Klaarblyklik het 4 verskillende besigheidjies saam gespan om vir ons een wondelike toer te vorm. By elke punt is daar dinge om te sien, grais en verniet, en meestal dinge om te proe ook, en as jy die toer klaar gemaak het kry jy 'n spesiale geskenkie by jou laaste stop, so daar moet gefokus word om seker te maak dat elke besigheid sy kolletjie op ons kaartjie plak.
Na ROCOCO la chocolaterie val die toergroepie in by Tantinkie die kaas mense, soos in bokmelk kaas en bokmelk yoghurt en roomys. Die gegeurde kase kan gaan, maar die roomys het net te veel na bok geproe vir die boerseun, selfs onder die anys uit. Een ding moet wel genoem word, die tannie mag maar 'n stukkie gorgonzola aan mekeer weef. As jy dus vanplan is om kunste fees toe te gaan, koop baie salty cracks en maak 'n draai by Tantinkie in Langenhoven straat, dis nou die straat net soos jy in Oudshoorn in ry van George se kan af, net ander kant die brug.
Die volgende stop was MOOOI, dit is 'n baie oulike kuns gallerytjie met allerhande vreemde
Boerseun het gesmyt op die grondpad na Grundheim toe, want tyd was min. Tenspyte van die gejaag het die avontuuruurs voor 'n toe deur testaan. Die Doggie
Al wat ek kan se is Swaartjie vat nie nonsens nie, die man was op die ou einde van die dag 2de, en die laaste stryd was goed opwindend.
Nou toe tot 'n volgende keer
No comments:
Post a Comment