Soms moet mens eenvoudig net kos maak, en mensig maar 'n waterblommetjie breedie is nie iets waarvoor die boerseun sommer sal nee se nie. Hier volg dus 'n resepie.
Bestandele:
1 Suur Appel (daai groennes)
3 M... Baie groot uie
2 Knoffel huisies
1 Panet Waterblommetjies (iets soos 500g of so)
1kg Lam (skenkel of nek tjops werk lekker)
1kg klein aardappeltjies
1 koppie ertjies
1 hand vol sampejoene in stukke gesny
die sap van een lemmetjie (nie die soort waarmee mens skeer nie)
2 medium grote wynglase vol Riesling
woestersous (moet nou nie mal gaan nie, maar gooi hom lekker)
Sout
Peper
Tai Curry Spice (al drie hierdie na smaak, weereens hou maar eerder matigheid voor oe, as die goet eers in is is daar nie 'n manier jy kry hulle weer uit nie
-So hoe maak mens?
-Kap die uie
-Gooi olie in 'n groot pot, onthou hier moet baie dinge by kom.
-Braai die vleis tot dit lekker bruin begin word en gooi dan die uie by, braai nog so bietjie tot die uie begin verkleur
-Daai knoffel huisies moet ook lekker gekap word, want dit moet nou by gegooi word, en niemand laaik van 'n hap knoffel vat as hulle iets anders verwag nie.
-Jy kan sommer saam met die knoffel die sampejoene ook by gooi.
-Braai tot die uie mooi deurskeinend is.
-Terwyl jy so braai en nie besig genoeg voel met die konstante geroer nie, sny die aardappels in klein blokkies, en die appel in skyfies (na jy die stronk verwyder het)
-Teen die tyd behoort die uie al amper te veel gebraai het, so maak gou en gooi die aartappel en appel by.
-Direk na die appel land voeg die wyn, woestersous, speserye en lemmetjie sap by.
-Kry so om en by 'n derde van die waterblommetjies en sit hulle ook in die pot, hoop maar jy het darm bietjie sout by die bruin proses van die vleis by gegooi.
-laat val die inhoud van 2 koppies water ook in die pot (dit is naastenby 500ml vir die wat nooit hulle ouma se resepte kon uit figure nie)
-Nou kook jy die hele mengsel op LAE hitte met die deksel oo.
-Jy mag maar die deksel so nou en dan af haal om te toets of die aardappel sag is, want sodra dit gebeur moet jy die res van die waterblommetjies by gooi.
-Roer die hele bredie lekker deurmekaar, hook vir nog so paar oomblikke tot die ander nuwer waterblommetjies net gaar is en bedien
Siedaar jy is klaar, Party mense wil bredie op iets bedien, en gelukkig kan jy amper enige iets gebruik as stysel basis, soos: Reid, Mielie reis, stamp koring, stamp mielies, vir die lawwes kan idees soos mielie pap (krummel asseblief ons wil ook nou nie heeltemal simpel voor kom nie) of paste dalk meer gepas voor kom. Hoe dit ook al sy of jy die bredie net so, of op brood eet maak nie saak nie. Maak hom, eet hom, en laat my weet hoe hy geproe het.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment