Friday, March 20, 2009

Rond Jaag

Die boerseun het laas naweek maar soos 'n mal mens rond gejaag.

Die stories is nie regtig so opwindend nie, Vrydag aand was die sportman van die jaar funksie, wat 'n fees was, al hoe wel die blonde bom bouer uit die groener deel van Afrika uiters spyt is dat Jean de Villiers nie die geleentheid kon by woon nie, laas genoemde is ook genomineer, en Boerseun wou hom noggals graag ontmoet het.

Saterdag oggend is daar weer inderhaas terug gesnel George toe, want dien rooigrond moes bietjie timmer werk kom doen op sy tuis dorp. Nee nie hout timmer werk nie, hierdie is die tipe timmer werk waarvoor mens handskoene en ander beskerming aan trek en hoop vir die beste. Ongelukkig, of dalk gelukkig, het die laaste maand se intense gym aksies nie hom nie ligter gemaak nie, so die boerseun moes saam met die GROOT manne op die vloer spring en dinge uit spook.

Die een oomblik wat vir groot opwinding kon sorg is juis met die terug jaagery, so net voor Paarl kom daar 'n parmantige skinhead in sy nuwe wit merc slk kompressor ding van agter op die wit, minder vinnige getz af gepyl. Die getz is nie die vinnigste modus van transport nie, maar heng dit is darm vinniger as die skadonk in die ander baan! So word daar die nodige ligte gevlikker, en stert ry toe gepas, en wonder bo wonder neem Rooi nie die stuur oor en rem skerp nie. Die mannetjie, wat duidelik vir iets kompenseer, het by die eerste geleentheid om die Boerseun en Doggie geskiet, hulle van die pad af traai druk, en toe voor hulle in gesny. Dit is nou net hier wat Rooi wakker geword het en besluit het dat niemand hom van gin nikse pad gaan af druk nie. Nuwe merc, cheap getz, maak maar jou sommetjies. Wel Kaalkoppie slaa toe woes remme aan, soos 60km/h toe, herhaaldelik. Rooi was niks gelukkig hier mee nie, maar al wat hy kon kry was 'n lee sap boksie, en dit was nie voldoende nie. Daar is verwoed in die karretjie rond gekrap, en uit eindelik vind 'n baie befoeterde Rooi 'n hand vol kleingeld. Nou moet julle seker kan dink wat so hand vol sente aan 'n nuwe sport motor se verf werk gaan doen, en wat dit aan die herverkoop waarde van die speel ding sal doen. Rooi glimlag diep by homself by hierdie gedagte. Boerseun hou beangs asem op. Doggie lyk gedetermineerd. Die lepel word getrap. Maar heel laas ou Koppie is 'n sigener of iets van uit hades uit, want op daardie oomblik gooi hy daai doodskissie van hom so hard laat hy teen 'n on haalbare spoed oor die horison verdwyn. Seker ook maar goed so, want vir die volgende half uur het Rooi gewonder wat hy sou doen as hy in sy groot bakkie wat en iemand so voor hom traai briek...

Met die ry is die plan om permanent 'n bank sak met R50 se 5c munte saam te piekel toe ook laat vaar. Rooi het weer terug geplots na sy grot toe en Boerseun het toe maar die res van die bestuur tot op Buffeljags gedoen. Waar is die buffels, of het die mense net gejag?

No comments: