Vanmiddag skryf die boerseun vir 'n vriend van hom 'n vinnige briefie op die rekenaar (ja Boerseun kan 'n komper dryf) en skielik pak 'n gedagte hom. Nou hy het hierdie gedagte begin stoeim amper soos Jakob destyds met die engel. Net vir die rekord, die been is nie mank van die gestoei nie, maar erns hinkepink 'n paar breinselle.
As jy nou in meeste gegoede, en hier word gegoed baie los gedefinieer, buurte in ons land rond ry, soos mens soms na 11nm doen, sien jy 'n baie interesante verskeinsel. Een of ander regerings amptenaar, of ander man met 'n pen en te veel tyd, het gedink hy is vreeslik snaak. Waar mens kyk sien jy mini gevangenisse. Ses-voet mure staan op aandag in die siekerige geel lig, soos 'n eerbewys aan die karre wat tussen hulle deur sluip. Amper elke muur word bekroon met stekels van die een of ander aard. Die boodskap is duidelik:"hier wil jy nie oor klim nie, nie van binne nie, en ook nie van buite nie!" Hierdie gaan nou nie 'n kla sessie wees oor die styging in misdaad syfers nie, of 'n waarskuwing om jou en jou familie te beveilig nie, want as jy 'n pessimis is is jou dae getel. Het jy geweet, as jy 'n pessimis is gaan jy vroer as die res van ons dood gaan, en daar is net nog 'n rede om meer negatief te wees. Die boerseun wonder sommer maar net of ons nie dalk 'n ander manier kan vind om dinge te doen nie...
Monday, March 30, 2009
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment