So die boerseun wil ook maar net sy stuiwer in die arm beurs gooi. Rugby is nou maar eenmalig verweef in die Suid Afrikaanse psige, soos biltong, braai en die rooi grond waarop ons groot geword het. Iemand het een aand spottender wys gese: "Rugby is nie 'n sport nie, dis 'n geloof my magtig." Die grappie is snaaks omdat dit vir baie Suid Afrikaners amper waar is.
Met die dat die sport soveel aansien geniet, en met erns beskou word, is dit eintlik belaglik, en 'n bietjie hartseer, dat iemand so onbevoeg soos Pieter de Villiers toe gelaat word om verder die span af te rig. As mens na mr De Villiers se prestasies in die rugby wereld kyk is dit skrikwekkend om te dink dat ons land so ras gemotiveer is dat hulle hom aangestel het om die nasionale span af te rig. Hier is iemand wat nerens in sy afrigtings loopbaan regtig enige vorm van bevoegtheid getoon het nie, en hy is aangestel in die plek van Heineke Meyer wat seker een van die beste afrigters ter wereld is. 'n Eenvoudige bewys hiervan is die Bulls wat nou weer terug is om sy spel patroon. Toe Victor en kie terug gekom, vertel mense in die rugby binne kringe my, het hulle vir Frans Ludeke laat sit en hom vertel hoe die game gespeel gaan word, en jou waarlik, die rond tjommel van 2008 is stop gesit en die Bulls het terug geklim op die wa en weer begin wen. Frans het ten minste die insig gehad om sy beste span te kies en hulle dan op die veld te he, nie op die bench nie. Verder is die tipe uitlatings wat Div in die media maak, kommer wekkend. Hier is iemand met 'n duidelike selfbeeld probleem.
Ek kom agter ek se nie veel nie. Pieter het bewys dat hy nie daar hoort nie, en as Victor en die res van die senior springbokke nie die afrigting oor geneem het nie, weet ek nie waar die springbokke sou wees nie, maar verseker sou ons nie nou gesit het met 'n reeks oorwinning oor die Leeus nie. Ek weet nie hoe mens dit sal regkry nie, maar meins insiens moet Pieter deur die Rugby publiek verwyder word uit sy pos uit, S Rugby is duidelik nie by magte om die regte besluite in hierdie aangeleentheid te maak nie.
Befoeterde Groete
Boerseun
Tuesday, June 30, 2009
Subscribe to:
Comments (Atom)